Druk

Nuusflits:  

Een-wêreldregering: Dit is moontlik hoe ‘n een-wêreld regering afgedwing kan word. Sien video. https://pro.agorafinancial.com/AWN_icenine_0117/LAWNT225/?h=true Die tyd is egter nog nie ryp vir die tot stand- koming van ‘n een-wêreldregering nie. Soos in Daniël 2:42,43 en 44 moet daar 10 konings(regerings,maw 10 unies tot stand kom) en ook in Openb 17:12,13, die 10 konings moet hul mag oorgee aan die dier, dan is die tyd geskik om die gebeure uitgespel in die video, te laat plaasvind!

________________________

Die dier van Daniël en Openbaring ontbloot. Sien - https://www.youtube.com/watch?v=Slh2X6SZiXs

________________________

Inligting oor die Pousdom. Wat gaan regtig aan?

http://vaticannewworldorder.blogspot.com/search?q=order+of+malta

http://en.wikipedia.org/wiki/Sovereign_Military_Order_of_Malta

http://vaticannewworldorder.blogspot.com/2012/07/knights-of-malta.html

_______________________

Skrif:

16 September 2018

Luk 18:6  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. Luk 18:7  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Luk 18:8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? 

2 September 2018

Luk 3:12  En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen? Luk 3:13  En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie. Luk 3:14  En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy. 

20 Augustus 2018

Mat 15:11  Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein. Mat 15:12  Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? Mat 15:13  Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. Mat 15:14  Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val. 

15 Maart 2018

Mat 5:17  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Mat 5:18  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

9 Feb 2018

Psalm 139:1-4:

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 
Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 

17 April 2016
Openb 19:12
  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

15 Mei 2016
Openb 18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

31 Januarie 2017

Mat 24:16  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

21 April 2017

1Jo 2:15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

1Jo 2:16  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

1Jo 2:17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
 17 Oktober 2017

Opn 3:11  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
Opn 3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. 
27 Oktober 2017
Jer 10:25  Stort u grimmigheid uit oor die nasies wat U nie ken nie, en oor die geslagte wat u Naam nie aanroep nie; want hulle het Jakob opgeëet, ja, hulle het hom opgeëet en hom verteer en sy woning verwoes. 

__________________

Waarskuwing:

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—
Mat 24:16  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
Mat 24:17  wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
Mat 24:18  en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.

________________________

 Gebeur Dit Huidig?

2Ti 3:1  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
2Ti 3:2  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
2Ti 3:3  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
2Ti 3:4  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
2Ti 3:5  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
2Ti 3:6  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
2Ti 3:7  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

_______________________

ONSE VADER...
Ek kan nie sê 'onse'  as ek net vir myself lewe nie.

Ek kan nie sê 'Vader' as ek nie elke dag daarna strewe om soos Sy kind te lewe nie.
Ook  nie sê 'wat in die hemel is' as ek nie my oë rig op die dinge wat daarbo is nie.
Ek kan nie sê 'laat U Naam geheilig word' as ek nie meer heilg wil lewe nie.
Nie  sê 'laat U koninkryk kom' as ek nie aktief besig is om dit te laat realiseer nie.
Ek kan nie sê 'laat U wil geskied' as ek self ongehoorsaam aan die Woord is nie.
En  nie sê 'op aarde soos in die hemel' as ek Hom nie HIER en NOU dien nie.
Ek kan nie sê 'gee ons vandag ons daaglikse brood' as ek oneerlik of agteraf is nie.
Ook  nie sê 'vergeef ons ons skulde' as ek n wrok teen iemand koester nie.
Ek kan nie sê 'lei ons nie in versoeking' as ek willens en wetens met die kwade heul nie.
Ek mag nie sê 'verlos ons van die bose' as ek nie die volle wapenrusting van God aan het nie.
Nog minder  sê 'aan U behoort die koninkryk' as ek nie lojaal aan die Koning is soos 'n goeie onderdaan nie.
Of  sê 'die krag' as ek bang is vir wat mense aan my kan doen nie.
Ook nie sê 'die heerlikheid' as ek net my eie eer soek nie.
Ek kan nie sê 'vir ewig' as my lewenshorison deur tyd ingeperk word nie.....
Daarom Vader vra ek leer my om soos U te kan bid met ‘n oop en rein hart .....Amen.
____________________

Sabbat - Debat:

Wat is u siening?:  Die Sabbat, soos dit in Die Tien Gebooie aangedui word, is baie belangrik. Kom help ons, sodat ons saam kan vasstel watter dag is die sewende dag, sodat ons presies kan weet watter dag die Sabbat is -

Ek het hierop afgekom. Dit is 'n baie sterk uitspraak, vir u eie ondersoek en mening:
http://worldtocome.org/the-sabbath-stunning-admissions-part-1

http://worldtocome.org/the-sabbath-command-part-2

Gaan kyk na  - www.creationcalendar.org

______________________

Wat Gebeur Rondom Ons? 

Dit staan geskryf in Daniël  12:4 - En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder. Wat beteken dit alles?  Dit is egter duidelik wat ons moet doen. Ons moet die boek deursoek sodat ons kennis kan vermeerder. Dit is opvallend dat die boek verseël is tot die tyd van die einde toe. Dit is dus duidelik dat ons ‘n tydperk sal ingaan dat gebeure rondom ons sal bydra tot die vermeerdering in kennis. Soos baie sê, sien is glo! Dit is presies hoe ons kennis gaan vermeerder, of inderwaarheid eerder deur die waarneming van die gebeure rondom ons wat vooruit in die Skrif vir ons aangedui is.

Wat baie belangrik is, is dat sou ons tans gebeure rondom ons waarneem wat lank gelede vir ons gesê is dat dit sal gebeur, beteken dit inderdaad dat die tyd van die einde baie naby is, of dat ons reeds in die tyd van die einde is. Op die webblad is daar reeds uitgespel dat ons in die tydperk van die voete is soos deur die tydperke aangedui  deur die beeld waarvan Nebukadneser gedroom het in Daniël 2. Gebeure wat nog moet plaasvind wat defnitief sal aandui dat ons in die tydperk van die einde is, is dat kontant uit die ekonomie onttrek moet word. Waar in Die Skrif word dit aangedui

Opb 13:17Sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Deur hierdie vers logies te benader, is dit duidelik dat kontant onttrek sal moet word. Solank kontant beskikbaar is, kan geen stelsel verhoed dat mens kan koop of verkoop nie.

Die koop- en verkoopaksie, soos aangedui in Opn 13:17, word slegs moontlik gemaak deur die verkryging van die merk van die dier. Dit beteken dat daar ‘n stelsel afgedwing sal moet word, wat mense  in staat gaan stel om te kan koop en verkoop en ook deur die stelsel gemonitor en beheer kan word. Die ontwikkeling van die mikroskyfie is tans die enigste stelsel waar dit nodig is dat dit soos ‘n merk onder ‘n mens se vel ingeplant moet word, wat totale beheer van die ekonomie sal oorneem. Die oomblik as kontant uit sirkulasie verwyder word, sal die geldstelsel beheer kan word deur die gebruik van die mikroskyfie as betaalstelsel.

Wat is tans besig om te gebeur? Die Riksbank in Swede was die eerste bank wat gedurende  die 1600’s banknote uitgereik het. Die bank is tans die eerste bank wat in die proses is om virtuele geld in gebruik te neem.  Dit kom daarop neer dat kontant uitgefaseer word. So ook is die bank van Engeland besig met dieselfde proses. Dit is veelseggend dat virtuele geld ‘n gebruiksartikel is wat deur die mikroskyfie as betaalstelsel beheer kan word. Ons kan slegs waarneem en observeer of kontant deur die prosesse uitgefaseer gaan word. Sou dit wel plaasvind, sal dit ‘n baie sterk aanduiding wees van hoe naby die einde van tyd is.

Die Eerste Nasionale Bank is reeds besig om in takke van hulle duimafdrukskandeerders te installeer. Dit sal binnekort die kaartstelsel vervang. Capitec Bank gebruik die tegnologie al ‘n geruime tyd. Wanneer gaan daar begin word om duime af te sny, om met bedrog voort te kan gaan? Banke is ook besig met ‘n gefokusde afleggingsprogram, wat beteken dat al hoe meer mense sonder werk gaan wees. Dit is die proses wat genoodsaak word om die uitfasering van banke wat gaan volg, moontlik te maak.

Nog ‘n proses wat tans debatteer word, met die verwagting dat dit in die wet omvorm gaan word, is die voornemende wet op haatspraak. Die omskrywing van haatspraak wat die owerhede in die wet wil vasvang, is so wyd dat feitlik enige neerhalende woord as haatspraak beskryf kan word. Ons weet hoe sterk die uitsprake in Die Skrif is, oor homoseksualiteit. Indien dievoornemende haatspraakwet in die huidige vorm aanvaar word, sal daar geensins na homoseksualiteit verwys kan word op ‘n negatiewe wyse nie. Dit sal mens ‘n groot boete, of selfs tronkstraf op die hals haal.

Wat is egter in der waarheid besig is om te gebeur? Die gesag van Die Skrif, of meer presies, die Woord van God, sal ondergeskik gestel word, aan die haatspraakwet. Ons sal binnekort ingelig word oor wat die wet op haatspraak behels. Indien dit in die huidige formaat aanvaar word, kan dit nie anders beskou word as dat Daniel 12:11 besig is om in openbaring te kom nie:Dan 12:11  En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop. Die haatspraakwet kan die voorloper wees van die oprigting van die ontsettende gruwel. Wat kan erger wees as om God se Woord te vervang en ondergeskik te maak aan ‘n menslike wet? Is dit nie ‘n ontsettende gruwel nie? Daar gaan teen God se Woord gediskrimineer kan word, en waar laat dit ons wat God

se Woord wil uitleef? Wat gebeur as jy vir iemand sê hy is ‘n sondaar, sou hy teenstrydig met God se Woord optree? Gaan jy beboet word, of in die tronk beland?

Indien ons nou in die tye ingaan soos in Daniël 12:11 aangedui word, dan is ons baie naby aan die tyd van die einde, baie nader as wat deur die meeste voorsien word.