Druk


___________________________________________________________

Een gesindheid..............

Die hele wêreld word in ‘n oogwink betrek, letterlik alle kommunikasie middele word nou ingespan, studie programme vir skoolkinders is reeds gereed, bekendes van regoor die wêreld maak voorspraak vir een gesindheid, selfs ‘n biddag wat al die gelowe wêreldwyd op een dag betrokke kry om saam te bid vir een gesindheid is vasgestel.

Die aftelling na die einde van dae, het amptelik begin op 25 September 2015. Die keerdatum bepaal om een gesindheid te bewerkstellig, is 2030, vyftien jaar van nou af. Al die bewyse en inligting is hier beskikbaar: http://www.globalgoals.org/

Die persoon wat huidig nie besef dat om een gesindheid te kan bewerkstellig ‘n fisiese proses is nie, en dat daardie proses nou al reeds ver gevorder is nie, en dat dit geskied in die tydperk waarin ons nou is nie, soos daar lankal vir ons vooruit gesê is in Daniël en Openbaring nie, gaan verwonderd agter die dier aangaan, soos dit vir ons gesê word in Openbaring 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelikgewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

Op 16 Junie 2015, skakel die hele wêreld oor na digitale sein. Tegelykertyd, saam op een dag? Op 17 November 2015 gaan al die banke regoor die wêreld, terselfdertyd op een dag, na dieselfde stelsel oorskakel, die EMV stelsel. Gedurende 2020 word die wêreld saamgevoeg in tien streke, wanneer die laaste unie gevestig is, in 2025 word daar oorgeskakel na ‘n een geldstelsel en in 2030 is die hele wêreld, die mensdom, saamgevoeg in een gesindheid!! Dit is die doelwit soos uitgespel in die “Global Goals” webblad. Kan daar nog oor die Woord van God getwyfel word?