Druk

Hierdie is bevestigde geskiedenis - die meeste tydperke deur die beeld voorgestel, is reeds verby!
Dit het geskied, presies soos die beeld opgedeel is in Nebukadneser se droom. Dit het werklik gebeur, dit is nie net ‘n droom nie!!! Die vraag moet gevra word - Hoekom sal alles in die droom van Nebukadneser presies gebeur soos in die droom en nie voluit deurgevoer word nie? Dit is mos duidelik dat die gebeure volbring gaan word, tot en met die tien tone!! Wat moet nog volg?

Wat nou baie belangrik is, is die volgende wat in Daniël 2:42 en 43 staan: dat die tone (ons kan vasstel wanneer die tydperk van die tone is) van die voete deels van yster en deels van klei is-'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte sal bros wees. 43-Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het-hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aan mekaar vasklewe nie, net soos wat yster nie met klei meng nie.

Vra die vraag, is dit nie presies waar ons land nou is nie? Is ons, die rëenboognasie soos wat ons nou bekend staan, nie presies dit wat hier bedoel word nie? Ons land se mense is deur menslike gemeenskap saamgevoeg, maar ons meng nie, net soos yster en klei nie meng nie. So is dit ook met die tien unies, lande word saamgevoeg, maar hulle vermeng nie. Nog nooit in die geskiedenis was daar ooit 'n tydperk waarop hierdie skrif so van toepassing was, as nou nie. Is dit nie betekenisvol en 'n baie sterk bevestiging, dat ons nou die tydperk van die tone nader nie? Kan daar nog getwyfel word?

Hoe word die einde van die tyd vir ons aangedui? Die Bybel praat van die tydperk van die voete, maar in wat eindig die voete?? Tien tone!!. Dit is tog waar die beeld eindig? (Openbaring17:12). Vers – 12. En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Wat is tans besig om te gebeur? Die hele wêreld is besig om verdeel te word in tien streke of unies, wat huidig geen mag het nie. Is dit toevallig dat dit tien unies is, sonder mag? Nog nooit voorheen was die wêreld verdeel in tien koninkryke (unies) nie!!! en nog nooit, ooit was daar voorheen 'n koning sonder mag (koningskap) nie, wat nog van tien konings sonder mag? Dit moet duidelik nog gebeur!

Vra uself die vraag af – Watter mag het die Europese Unie, of die Afrika Unie? Mens hoor die Europese Unie sê dit of die Afrika Unie sê dat, maar wie steur hulle aan wat die twee unies te sê het? Het die unies mag? Ons het huidig die tien unies wat nie mag het nie!! Hoekom nie? Want hulle het nog nie koningskap (mag)ontvang nie. Gaan hulle binnekort koningskap ontvang, saam met die dier?

Die vestiging van die unies is reeds ver gevorderd - Sien Unies http://www.eindtyd.org/index.php/die-tien-unies

Sodra die tien unies gevestig is dit ‘n sterk moontlikheid dat die dier uit die leiers van die tien unies verkies kan word. Openb 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier. http://www.globalgoals.org

Hiervandaan verder, kan bespreek word wat vorentoe gaan gebeur en wat mens kan verwag. Daar is heelwat waarskuwings gerig op die tyd wat ons nou nader. Die merk van die dier is hier ter sprake en hou verreikende gevolge in vir alle gelowiges.