Druk

Daar is darem baie goeie nuus waarna met hoë verwagtinge uitgesien word. Die beeld in die droom van Nebukadneser word verwoes deur 'n rots, wat in Nebukadneser se droom, die voete van die beeld tref en die hele beeld verwoes. Die rots verteenwoordig die koninkryk van God, wat na die vernietiging van die huidige aardse bestel, die heerskappy op aarde sal voer saam met Sy uitverkorenes. (sien Daniël 2 : 44 en 45) ( 44. Maar in die dae van die konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan – 45. net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.)

Die goeie nuus is dat die uitverkorenes nie deel uitmaak van die sogenaamde derde wêreldoorlog nie. Die derde wêreldoorlog word verwar met Armagéddon, wat plaasvind, soos vir ons in Daniël 2:45, net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar,- duidelik uitgespel word, dat die uitverkorenes nie deel gaan wees van Armagéddon (waartydens daar 'n einde gemaak word van al die ander koninkryke (regerings)) nie, want dit gaan plaasvind, sonder toedoen van mensehande (mense betrokkenheid). Mense (uitverkorenes) gaan dus nie deel uitmaak van Armagéddon nie.