Druk
Kategorie: Suzelle Fourie

Vandag sal dit die eerste keer wees dat ek hier skryf.  Voor ek skryf wil ek myself eers voorstel. Ek is 'n doodgewone mens met geen buitengewone hoë kwalifikasies. Ek is 'n nuuskierige mens wat nie alles vir soetkoek opeet nie, iemand wat altyd opsoek is na die waarheid. Bekommerd oor my Vader se volk en wat van ons gaan word.

As ek dink oor alles wat op my hart druk, is daar een onderwerp wat uitstaan. Dit is woorde wat Ons Vader gespreek het in Hosea 4:6 "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet."

Ons kan mos nie in hierdie eeu nog sonder kennis wees nie. Ons werk met rekenaars, slimfone, ons belê ons geld en maak geld sonder om hard te werk daarvoor. Die boere boer suksesvol en met baie minder moeite word daar baie meer voedsel geproduseer as in die vorige eeue. Ons het elketrisiteit, die beste tegnologie in die mediese veld. Die mens het slim geword.

Maar het ons regtig kennis? Watter kennis kan ek vra? Kom ons kyk in die woord.

Spreuke 1:7 "DIE vrees van Yahweh is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug."

Spreuke  2:10-12 "Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;"

Wat ek hieruit kan aflei, is dit wys om YAHWEH te vrees, Hom te dien en Hom gehoorsaam te wees.

Om vandag iemand te vertrou met jou lewe en geldsake, doen mens moeite om die persoon te leer ken. Jy ondersoek sy geskiedenis, gesels lank met die persoon, kyk waar kom hy vandaan en ondersoek sy agtergrond. Jy stel vas wat sy kwalifikasies is.

Die een ding wat ons die meeste nalaat om te doen is om ons Skepper te leer ken. Ek praat van om Hom waarlik te leer ken. Hoe dink Vader? Hoe tree Hy op? Hoe oordeel Hy? Wat behaag Hom, en wat is vir Hom gruwelik? Die skrif is vol van Sy woorde, Sy liefde, genade en straf.

Kan ek dan opreg sê dat dit wys is om Die Vader te leer ken, Hy wat ons gaan oordeel aan die einde van die dae volgens ons werke.


Die ander groot vraag wat ek wil vra is, ken ons ooit onsself? Weet ons waar ons vandaan kom, weet ons aan wie ons behoort? Hoekom bid ons tot Ons Vader in die Hemel en nie ander gode soos die ander volke nie?

Hoekom noem ons Hom Onse Vader?

Ons gaan ten gronde want ons ken nie Ons Vader nie.

Hoekom is dit vandag dat 'n sterk wyse nasie hier aan die suidpunt van Afrika deur 'n ander volk regeer word? Ons is besig om ons erfenis te verloor. Is dit omdat ons verkeerd gestem het? Of lê die antwoord in Hosea 4:6 "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet."

Ek gaan nog vele artikels plaas rondom hierdie onderwerp om uiteindelik by die waarheid uit te kom wat in die skrif geskrywe staan wat soos dit blyk, deur baie mis gelees word. Daar is 'n waarheid in die skrif wat baie nie raaksien omdat ons oë verblind word deur die vyand. Ons word as Volk nie vandag net fisies beroof nie, maar ons is lank reeds al beroof van die waarheid  en kennis wat vir ons volk opgeskryf staan in Vader se woord.

Mens eet 'n olifant happie vir happie. As u as leser geduldig met my sal wees, wil ek graag 'n  stukkie waarheid wat vir ons volk se oë verberg is aan julle openbaar. Dit staan eintlik oop en bloot in die skrif, maar ons lees dit nie raak nie.

 

Word vervolg....