Druk
Kategorie: Suzelle Fourie

 

Goeie dag lesers
 
Ek vervolg my reeks oor die kennis van die waarheid. Wanneer 'n verhaal of storie wat as die waarheid staan vertel word, word dit gewoonlik neergeskryf en bewaar vir die nageslag, net soos die woord wat ons vandag het deur Ons Vader bewaar gebly het vir die  nageslag.
Dieselfde geld vir 'n  leun. As jare terug die waarheid verdraai is, en as die waarheid oorvertel is, sal die leun dan na duisende jare nog 'n leun wees,of sal dit as waarheid aanvaar word?
 
Wat ek met julle deel mag dalk sommige skok, maar die Woord getuig van die waarheid.
 
Joh 1:14
"En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid."

Ons Meester Yahshua het na die aarde gekom om Sy volk die waarheid te kom leer.Een valsheid wat vandag verkondig word is dat Hy vir ál die volke gekom het.Ons lees Sy woorde in 
Matt15:24
"Maar Hy antwoord en sê:" Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel."
 
Die Vader het uit Abraham vir Hom 'n volk gekies en met hulle 'n verbond gesluit.Uit Abraham het sy Seun Isak die belofte verkry en uit Isak is Jakob(Israel)gebore,en sy seuns het die twaalf stamme van Israel geword.
 
Deurgaans in die skrif,as mens lees en oplet wat werklik geskryf staan,kom dit duidelik na vore dat die skrif handel oor die volk Israel.
Die grootste fout wat meeste van ons maak,(en ek het ook),is om net blindelings te glo wat van die kansels af verkondig word,sonder om dit te gaan toets aan die woord.Hoeveel van ons gaan regtig in die week nadat ons 'n boodskap ontvang het,en gaan stel ondersoek in of die leerraar die waarheid wat in die skrif staan aan ons leer?
Soos ek in die vorige brief genoem het,ons ondersoek die makelaar wat ons geld belê deeglik en lees op of hy ons geld in die beste markte belê het,maar doen ons so met iemand wat ons vertrou om ons die waarheid te kom leer wat in die skrif staan.Jy vertrou daai persoon met jou lewe,die ewige lewe.Of in die hel of in die koningkryk,vir ewig.....
 
In die laaste dae gaan die seun van die verderf(Antichris) baie mense verlei.Gaan jy een van hulle wees wat soos 'n oningeligte agter hom gaan aanloop?Of gaan jy verlig wees met die kennis van die woord om die leun raak te sien?
 
Onthou,die verleier wat Adam en Eva verlei het,het met die waarheid na hulle gekom,maar net 'n titseltjie van die waarheid is van hulle weerhou,en alhoewel hulle nie gesterf het nie,het hulle die ewige lewe verloor,en die mees kosbaarste is hulle verhouding met hulle Vader.
 
Ek sê weer,as mens vir jare die leun aangehoor het as waarheid word dit as waarheid aanvaar en gladnie eers meer ondersoek nie.
Ek moet eers die waarheid rondom die volk Israel uitlig,want soos ek beleef het in my studies aan die skrif kom die waarheid oor wie die uitverkorenes is telkens voor en kan dit gladnie losgemaak word van die evangelie nie.Dit is hoekom Moses die Israeliete uit Egipte gelei het,hoekom Yahshua gekruisig was en hoekom die groot verdrukking in die laaste dae oor die aarde gaan kom.
 
Ek vervolg met die verduideliking van die uitverkiesing van die volk Israel.
 
Seëngroete