Druk
Kategorie: André Groenewaldt

Hoof van die Huis.

Wat is die betekenis daarvan dat die man as hoof van die huis aangewys is, en hoe is die man veronderstel om die posisie met outoriteit te vul?

My siening hiervan is die volgende, en dit staan enigeen vry om my siening te korigeer:

Die posisie as hoof kan nie sonder outoriteit gehandhaaf word nie. Outoriteit as hoof van die huis beteken nie, vrou gaan maak kos ek is honger, ens nie.

Die hoof van die huis sal slegs outoriteit verkry deur die verordeninge van ons Vader toe te pas, te leef, te handhaaf, te respekteer en dit toe te pas sonder ‘n eie ek, hovaardige houding.

Hoe verkry die hoof van die huis outoriteit? Outoriteit wat hom in staat stel om aan sy vrou en kinders voor te kan skryf wat reg en verkeerd is, en as sy outoriteit nie respekteer word nie, dan kan hy sy gesin verwys na die outoriteit van ons Hemelse Vader om sodoende sy outoriteit af te dwing, maar dit moet in lyn wees met die outoriteit van Christus. sien Efs 5:23. Om die outoriteit te verkry moet die man die Woord van ons hemelse Vader leef, veral Matt 5,6, en 7. Wanneer die hoof van die huis, Matt 5,6, en 7 leef, dan eers verkry hy outoriteit.

Die belangrikste en grootste taak wat die man op aarde het is om sy gesin te lei met outoriteit. Die gebeure in Genesis 3, het tot gevolg dat die groot verantwoordelikheid, vierkantig op die man (mens) se skouers geplaas word.

Wat is die man se pligte dan? Eerstens, hy moet brood op die tafel sit, nie vakansie huise, motors, die duurste klere, of allerhande materialistiese bykomstighede nie! In die sweet van sy aangesig sal hy brood eet, totdat hy na die aarde terugkeer. Tweedens, en dit is die mees belangrikste plig wat die hoof van die huis het, is om die ketting tussen hom en die Hemelse Vader, deur te trek na sy kinders.

‘n Ketting is net so sterk as sy swakste skakel. Indien die man dit vermag om sy kennis van die Hemelse Vader so aan sy kinders oor te dra, met voorbeeld en leiding, dat die kinders op ‘n vroeë ouderdom bewus kan wees van die Hemelse Vader se bestaan, teenwoordigheid, liefde en beloftes, sal die kinders in staat wees om die aanslae van die vyand te kan weerstaan, sal die kinders as volwassenes die ketting sterk kan hou en in hul instaat stel om dieselfde oor te dra aan hul kinders. Sal die kinders naby aan die Hemelse Vader groot word en leef. As daardie ketting nie gebreek word nie, dra die mens by tot die oorwinning van die vyand.

Kinders wat in die omstandighede groot word, sal weet wanneer die tyd aanbreek om te trou, dat hul keuse sal wees, die van ‘n lewensmaat wat onder dieselfde omstandighede en lewenskwaliteit groot geword het. Afgesien van liefde en al die hartsbegeertes wat ‘n rol speel in die keuse van ‘n liefdesmaat, maak wie jy kies, een van die belangrikste boustene van die huwelik uit. Kinders sal die druk van die wêreld se aanslae beter hanteer en verwerk. Sal kan kies tussen goed en kwaad.

Huwelike sal gerespekteer word en in stand gehou word. Lewensmaats sal met hul verskille na ons Hemelse Vader gaan, en met Sy leiding verskille uitsorteer, en nie in die arms van ‘n derde party nie. Egskeidings sal tot die minimum beperk word, moord en doodslag, haat en venyn en meerderwaardigheid sal nie vatplek kan kry in so ‘n huwelik nie.

Die ketting is egter gebreek. Die wêreldse druk is erg, die vyand gedug en die mens swak. My pleitdooi aan die man is, kom ons tel daardie ketting op, kom ons herstel dit en maak dit sterk, soos dit hoort.  Kom ons verbreed ons kennis van ons Hemelse Vader, kom ons luister na Sy waarskuwings soos in - Hos 4:6  My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

 

Kom ons staan op!  Kom ons wees mans!!!

 

_______________________________________________________________________________

Gén 3:16  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.

Gén 3:19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Gén 3:22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

Núm 1:4  En met julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy families.

Núm 3:32  En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.

1Ko 11:3  Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. DIE KETTING WAT HERSTEL MOET WORD!

Efs 5:23  Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.