Druk
Kategorie: André Groenewaldt

UFO’s

Ons moet in gedagte hou dat daar huidig 'n koninkryk is waar God regeer. Dit is 'n koninkryk wat gevorderd ver vehewe bo enigeen van ons se denkkrag. Hoe gereeld word die aarde nie besoek vanaf God se koninkryk nie, en hoe? 

Daar word groot gewag gemaak van “UFO’s” en word as onheilspellend beskou, maar daar is genoeg bewyse in Die Skrif, dat wesens en vreemde vaartuie wel bestaan.

Lank voordat die woord “UFO” gebruik is, is daar al in die Bybel verwys na vreemde vaartuie, soos in Esegiël, sien uittreksels hieronder. Mens moet verstaan dat iemand, wat onbewus is van vreemde vaartuie en wesens, en dan een sien,  dit moeilik gaan vind om gevorderde vaartuie te kan beskryf, met die gebrekkige kennis van mense, gedurende die tyd van Esegiël. Sien Esegiël se verduideliking hieronder. Dit is duidelik ‘n hoogs gevorderde vaartuig wat hy sien, en hy maak ook melding van ander wesens!!!

Ons moet in gedagte hou dat ons deel van ‘n kosmos is, en dat daardie kosmos vir altyd sal bestaan. Die aarde is soos in ‘n klein lugborreltjie, omring deur ewigheid. Dit is net ons op aarde wat aan tyd gekoppel is. Ons moet ook verstaan om in ewigheid te kan bestaan ‘n spesiale  liggaamstruktuur verg. Dit word ook in die Bybel aan ons uitgewys dat die mens ook ‘n verheerlikte liggaam sal verkry. – sien Markus 16:11, verwys na ‘n ander gedaante. Ook Phillipense 3:21 verwys na verheerlikte liggaam.

In ‘n verheerlikte liggaam kan mens vinniger beweeg as normaal, maar om in die kosmos rond te kan beweeg, verg ‘n vaartuig wat teen duiselingwekkende spoed moet kan beweeg, om die geweldige afstande te kan aflê in ‘n kort tydperk. Sien ook by Jesus se graf, die beskrywing van die engel wat die klip weggerol het. Hy kom aan soos ‘n aardbewing, en beweeg soos weerlig.

Dan ook die Betlehem ster bv soos in Matt 2:9. Die ster gaan voor hulle uit. Dit is ‘n vaartuig of eerder moet ‘n vaartuig wees, maar al hoe die manne van daardie tyd dit kan beskou en kan beskryf, is as ‘n lig, of ster!!

Hierbo is paar verwysings in die Bybel, wat huidig deur die mens as UFO en ruimte wesens beskou of eerder genoem word. Indien die inligting nie in die Bybel beskikbaar was nie, sou ek ook sulke gebeurlikhede as "UFO’s” beskou het. Die logiese is eerder dat die wesens, arbeiders in ons Hemelse Vader se koningkryk is. Sy koningkryk wat die hele heelal verteenwoordig. Ons gaan ongelooflik verras wees met wat buite ons denkvermoë, rondom ons aan die gang is. Ons vervul ‘n baie klein rolletjie in die aardse bestel en is maar baie nietig. Die mens is glad nie so belangrik, soos wat die meeste hulsef probeer wysmaak nie.

Die mens het hierdie siening van homself, dat alles om hul draai, maar dit word duidelik gemaak, dat ons egter deel uitmaak van ‘n groot geveg, en daardie geveg is teen die bose geeste in die lug. Daar is magte, geweldige magte, wat vir die meeste mense totaal sinloos is, en hul staan totaal onbetrokke en onbelangstellend teenoor wat eintlik van hul verwag word.

Ons dien ‘n magtige God, wat deur baie mense as ‘n speelbal beskou word!! Ons dien ‘n Vader, waarvan ons feitlik geen benul het nie, ons ken nie eers Sy Naam nie!!! Openb 19:12 

Dit is vir my heeltemaal logies en aanvaarbaar dat daar ander wesens en vaartuie, om en rondom ons is. Doodeenvoudig omdat ons Vader in Sy Woord, dit lankal vir ons vooruit gesê het.

Hier volg uittreksels vanuit die Bybel:

Eze 1:4  Toe het ek gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.

Eze 1:5  En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ‘n mens gehad;

Eze 1:6  en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke;

Mat_2:9  En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was.

Mat_2:10  En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.

Mat 28:2  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

Mat 28:3  En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.

Mar 16:12  En hierna het Hy in ‘n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.

Mar 16:13  Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

Mar 16:14  Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.

Php 3:21  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

Eph_6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.