Druk
Kategorie: André Groenewaldt

Wanneer is die Eindtyd?

Ek wonder al ‘n geruime tyd of dit moontlik is om die einde van dae wiskundig te kan bepaal. Ek weet ek stel myself bloot aan baie kritiek en seker selfs aan veroordeling, deur selfs net hieraan te dink, wat nog van probeer bereken.

Almal weet dat Vader vir ons sê in Mat-24:36  Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. Dit is opvallend dat Vader net praat van die dag en datum, maar niks sê van die maand en jaar, soos Hy baie pertinent aandui in, Openbaring-9:15  Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak, nie. Beteken dit dat ons die dag en uur nie sal weet nie, maar moontlik die maand en jaar?

Die berekeninge wat ek hieronder gedoen het, probeer ek nie mee roem dat dit korrek en waar en juis is nie, maar dat die volgende bevindinge aanleiding gegee het tot my denkrigting:

1.Soos Vader se woord aandui, is die wêreld soos dit huidig daar uitsien in ses dae geskep, en soos deur baie kundiges uitgewys word, verteenwoordig die ses dae, sesduisend jaar.

2.Soos aangedui verteenwoordig die sewende dag die Sabbat of die dag van rus, wat die sewende dag of andersins die duisend jaar van vrede verteenwoordig, nog ‘n veronderstelling.

3.Die groot verwagting dus, was dat die einde van dae, met die aanbreek van die jaar 2000 wat sesduisend jaar na die skepping is, sou plaasvind. Ses dae die skepping en een dag van rus.

4.Bogenoemde klink heel logies, en Skriftuurlik korrek. Hoekom het dit nie plaasgevind nie?

Dit is bekend dat Jesus ongeveer 33 jaar oud geword het. Kan dit moontlik wees omdat daar deurentyd na die tydperke van Jesus, verwys word as na vC en nC, dat die tydperk van 33 jaar van Jesus se lewe nie werklik in berekening gebring is nie? Kan dit beteken dat die jaar 2000 wat as die einde van dae beskou was, nie eintlik die jaar 2033 is nie? Is dit moontlik?

Verder dui Vader vir ons aan in Daniël 2:28 tot 31, dat die beeld waaroor Nebukadneser gedroom het, ‘n mens voorstel, met ‘n kop, bors, arms, bene, voete, en tone. Dit het my opgeval dat sou die beeld ‘n mens voorstel, wat ‘n eenheid van 100 verteenwoordig, en die ledemate van die beeld is gelykstaande aan sekere tydperke, en die beeld verteenwoordig die tydperk vanf 604 vC tot 2033 en die ledemate verteenwoordig koninkryke, en is gelykstaande aan die jaar 2000 plus die tydperk van Jesus se lewe op aarde van 33 jaar, dan kan mens die ledemate opdeel en aan elke ledemaat ‘n tydsduur koppel, en dit wiskundig bereken. Dit kan bevestig word deur die antwoord te meet aan wat deur die geskiedenis bewys word, van hoelank die tydperk van die hoof bv geduur het, ens. Sien Beeld hieronder.

Die berekeninge het my by die volgende gebring:

Die totaal van die jare soos per ledemaat bereken is 2637 jaar vanaf die hoof van die beeld, wat die tydperk van Nebukadneser verteenwoordig, tot en met die tone wat die tien unies behoort te verteenwoordig. Trek mens die 604 vC af van die totaal van 2637 kom mens by die jaartal 2033 uit, wat soos dit vir my blyk, ‘n jaartal van veelseggendheid te wees. Sien berekeninge hieronder -

Die Berekening van die Tydperk strek oor 2637 Jaar - van 604 v.C Tot die Jaar 2033

Ledemaat Jare wat beeld voorstel Vanaf tydperk 604 vC tot 2033. Persentasie wat ledemate verteenwoordig van 100% van die liggaam.

2637

100

Kop 66 604 vC tot 538vC 2.515243902 % 66
Bors en Arms 205 538vC tot 333vC 7.8125 % 205
Buik en Lende 271 333vC tot 62 v.C. 10.3277439 % 271
Bene 2017 62vC tot 476 A.D + 476 n.C. tot 1955 n.C.  76.86737805 % 2017
Voete 71 1955 tot 2026 2.210365854 % 71
Tone 7 2026 tot 2033 0.266768293 % 7
         
  2637   Totaal       100 2637
         
                         2637  
                         -604  
       Eindtyd    2033  

 

Daar is oor die algemeen baie meer ooreenstemming tussen mense, dat die tyd van die einde binnekort gaan aanbreek. Die oorbenutting van noodsaaklike hulpbronne en die oorbevolking van die mensdom dui op sigself daarop dat die aarde afstuur op ‘n katastrofe. Ons hoef ons egter nie net op die natuurlike verloop van wêreldgebeure te verlaat om die einde van tyd te verwag nie. Die woord van Vader spel die tyd van die einde baie duidelik uit vir ons. Dit is ook veelseggend dat die “Global Goal” wat die strewe na eengesingheid bevorder se doelwit datum 2030 is. http://www.globalgoals.org/

Die voorafgaande berekeninge  is aangepak omdat ek geprikkel was oor die tydperke betrokke en die moontlikheid dat die Eindtyd moontlik wiskundig bereken kon word. Ek vertrou dat die poging deur u in dieselfde lig gesien sal word. My wiskunde is nie veel om op te roem nie, so elkeen is welkom om die te ondersoek en u menig te lig daaroor. Vrede!!