Waarheen vlug Ons?

Verlede week het ek ‘n aanbieding bygewoon wat gehandel het oor tegnologiese ontwikkeling in die virtuele markte.

Persoonlik was ek geweldig beindruk met dit wat ek gesien en gehoor het, in so ‘n mate dat ek eintlik verwonderd was, en so ook die res van die vergadering.  Natuurlik was almal baie opgewonde oor die tegnologie, omdat dit absoluut aan ons behoeftes kon voldoen plus nog baie meer, meer as waaraan ons kon dink.

Oppad terug van die vergadering af, terwyl ek deur die snelweg verkeer wroeg op ‘n slakkegang, kom dit by my op hoe verwonderd die mense in die vergadering en myself was, oor die tegnologiese wonders wat besig is om voor ons te ontplooi. En net daar tref dit my tussen die oë, oor hoe verwonderd ons was, en wat in Openbaring 13:3 staan! -  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.      Opn 13:4  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Verwondering of te wel die betekenis daarvan, is voor Openbaring 13:3, toegeken net aan Jesus, sien Mat9:8, Mat 21:20, Mat 22:22, Mar 5:20,  Mar 6:6,  Mar 6:51, Mar 12:17, Mar 15:44, Luk 1:21, Luk 1:63, Luk 2:18,  Luk 4:22, Luk 7:9, Luk 8:25, Luk 9:43, Luk 20:26, Joh 5:20, Hnd 3:12, Hnd 4:13 en Hnd 13:41.

Dan volg Openbaring 13:3 wat uitspel dat die wêreld verwonderd agter die dier sal aangaan. Dit is net weereens bewys daarvan van hoe korrek en presies ons Hemelse Vader se Woord is en dat Die Bybel, die Woord van God, net nie geignoreer kan word nie, en dat Sy Woord letterlik opgeneem moet word, want wat Hy vir ons daarin sê, gebeur presies soos Hy vir ons dit daarin uitgespel het. Lankal vooruit vir ons gesê.

Kan daar nog enigsins getwyfel word dat ons nou in die einde van die dae lewe, dat die tyd van die einde naby is.

Wat is die rol wat tegnologie gaan speel om die wêreld verwonderd te maak, en hoe maklik gaan dit nie wees vir een persoon om die tegnologie te gebruik, om die wêreld verwonderd agter hom te laat aangaan nie?

Dit laat my wonder hoeveel van ons heg waarde aan die waarskuwings in Die Woord, en is bereid om daarvolgens te handel en op te tree. In Mat 24:11, 12, 13 en 14, maar dan veral Mat24:15 en 16 en die res moet opgelet word. Dit is duidelike waarskuwings aan ons vir die dae waarin ons nou verkeer en wat gaan volg. Die gebeure word deur Daniël uitgespel, in Mattheus bevestig en in Openbaring uitgebrei.

Mat 24:16 meld uitdruklik - dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; Die vraag ontstaan onwillekeurig, wie skenk aandag aan die waarskuwings, en wat doen die, wat aandag aan die waarskuwings skenk, daaraan? Dit is tog logies dat wanneer die tyd aanbreek om na die berge te vlug, mens daarop voorbereid moet wees om te kan vlug?? Is dit nie logies nie? Hoe kan daar in die berge ingevlug word, sonder dat daar voorsiening gemaak word vir kos, water en basiese behoeftes? Daarom is my versugting dan ons moet oplet  soos in Mat 24:15 vir ons gesê word en moet doen soos in          Mat 24:16 vir ons gesê word. Laat ons tog nie ten gronde gaan weens gebrek aan kennis nie.

Die tyd is nou, om te begin voorsiening maak om te kan vlug, sodra daardie tyd aanbreek. Daar is baie goeie redes hoekom ons moet vlug, waarvan die grootste rede is dat ons nie ons Hemelse Vader se grimmigheid wil ervaar nie!! Dink net aan die kwaai en bose swere wat toegedien gaan word – Openbaring 16:2 en dan ook die waarskuwing in Opn 18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.  Dit is duidelik dat ons moet uitkom onder hierdie dinge en na die berge moet vlug, sodat ons nie van die plae ontvang nie. Daar gaan ontsettende siektes en plae aan die orde van die dag wees. Dit gaan onmoontlik wees om in daardie omstandighede te oorleef, net oor die plae en swere, wat nog van die situasie dat mens nie sal kan koop en verkoop nie, soos dit duidelik vir ons gesê word  in     Openbaring 13:7 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Dit is wat vir ons wag, en dit is om die draai! Dit is die rede hoekom van ons besig is met die ontwikkeling van grond, net om te kan oorleef, soos daar vir ons gesê word om te doen!  Ons let op, ons luister en ons wil graag dit bekend maak aan almal wat wil luister en gehoorsaam wees. Kom maak saam met ons gereed, om wanneer die tyd aanbreek, na die berge te kan vlug, asseblief.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment