Ek deel graag met u en die hele wêreld. Jesus Christus die enigste weg na die Hemel en die Ewige lewe. Vraag: "Hemel toe gaan – hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?" Antwoord: Deur die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig te volg en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig. Die dag wanneer elkeen van ons die ewigheid gaan betree mag gouer kom as wat ons dink. Ter voorbereiding vir daardie oomblik, moet ons hierdie waarheid besef—nie almal gaan hemel toe nie. Die Skrif is baie duidelik oor hierdie saak.

Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ʼn uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. John5,28-29 Hoe kan ons verseker weet dat ons een van die gaan wees wat die ewigheid in die hemel gaan deurbring? 1Petrus1,13 Daarom omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Ongeveer 2,000 jaar gelede het die apostels gevul met die Heilige Gees en die moed van hul oortuiging, geloof en kennis, die Evangelie van Jesus Christus aan ‘n groot skare in Jerusalem verkondig en die verborgenheid van die Eenheid van God; Vader, Seun en Heilige Gees aan die mense openbaar deur die opdrag van Jesus aan hulle: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het, tot uitvoering bring Matthéüs28,19 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, (kom tot geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand2,38 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12).

Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, vergifnis van sonde deur Sy Naam(Jesus) ontvang. Hand10,43 Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir jou en my sonde. En ons weet dat die Seun van God gekom het, en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus, Hy (Jesus) is die ware God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen. 1John5,20 Daar is baie wat dink dat hulle hemel toe sal gaan sonder om Jesus as hul persoonlike verlosser en Saligmaker te aanvaar. Kom ons ondersoek wat dit behels om in Jesus te glo.

VERKONDIG-1Korinthiers1,21, Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, (1John5,20) het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red. Markus16,15&16 En Hy (Jesus) het vir hulle gesê; Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

WEG-Jesus sê,Johannes14,6 Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Johannes10,9 Ek is die deur, as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind GLO-Johannes3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Johannes6,47 Voorwaar, voorwaar Ek (Jesus) sê vir julle, wie in My glo het die ewige lewe. Galásiérs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

AANNEEM –Johannes1,11&12 Hy (Jesus) het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam (Jesus) glo. Handelinge4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander Naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

BEKERING EN DOOP- Handelinge2,38 En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Handelinge19,5 En toe hulle dit hoor is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. Beklee- Galásiërs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus, want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Matthéüs22,11-14En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ʼn bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ʼn bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van tande. Want baie is geroep maar min uitverkies.

WEDERGEBOORTE- Johannes3,3,5Jesus antwoord en sê vir hom,Voorwaar voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Titus3,5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees. Liefde-Galasiérs5,14Want die hele wet word vevul in een woord, naamlik;Jy moet jou naaste liefhé soos jouself. Heiligmaking-1Petrus1,15-Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet jul ook in julle hele lewenswandel heilig word. . Baie wil nie vir Jesus as die enigste weg aanvaar nie en is vasbeslote om ‘n ander pad te vind. Maar Jesus Self waarsku ons dat daar geen ander pad bestaan nie, en dat die weiering om hierdie waarheid te aanvaar na die veroordeling lei. Hy sê duidelik vir ons “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Johannes 3:36).

Sommige sal argumenteer dat dit uiters bekrompe van God is om slegs een pad na die hemel te voorsien. Maar in werklikheid, in die lig van die mens se rebelse verwerping van God, is dit uiters ruimhartig van Hom om aan ons enige pad hemel toe te gee. Ons verdien veroordeling, maar pleks daarvan bied Hy aan ons uitkomkans deur Sy eniggebore Seun te gee om vir ons sonde te sterf. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê.John3,16 Hetsy mens dit sien as bekrompe of ruimhartig, dit is die waarheid, en Christene moet die duidelike, onbesoedelde boodskap dat die enigste weg na die hemel deur Jesus Christus is, handhaaf. Efésiêrs4,5 leer vir ons, een Here een geloof een doop.

Baie mense vandag glo aan ‘n afgewaterde evangelie wat wegdoen met die boodskap dat jy berou moet hê oor jou sonde. Hulle wil glo in ‘n liefdevolle, nie-veroordelende God wat geen berou of verandering in hulle lewensstyl verwag nie. Hulle mag dinge sê soos, “Ek glo in Jesus Christus, maar my God is nie veroordelend nie. My God sal niemand hel toe laat gaan nie.” As ons bely dat ons Christene is, moet ons Christus erken vir wat Hy sê Hy is—die een en enigste weg na die hemel. Om dit te ontken, is om Jesus Self te verloën, want dit is Hy wat verklaar het; Johannes8,23-24 En Hy(Jesus) sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo: julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe: want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe. Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). Die vraag is steeds: wie sal werklik God se koninkryk binnegaan? Hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?

Die antwoorde op hierdie vrae sien ons in die duidelik afgebakende onderskeid tussen die wat die ewige lewe het en die wat dit nie het nie. “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Johannes 5:12). Die wat in Christus glo, wat Sy offer as betaling vir hulle sonde aanvaar het, en wat Hom in gehoorsaamheid volg, sal die ewigheid in die hemel deurbring. Die wat Hom verwerp sal nie. “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam (Jesus) van die eniggebore Seun van God nie” (Johannes 3:18). So ontsagwekkend soos die hemel sal wees vir die wat Jesus Christus as Verlosser gekies het, des te meer skrikwekkend sal die hel wees vir die wat Hom verwerp het.

Ons boodskap aan die verlorenes sal met groter dringenheid verkondig word as ons kan begryp wat die heiligheid en geregtigheid van God kan doen aan die wat die volledige gawe van vergifnis wat in Sy Seun Jesus Christus is, verwerp het. ’n Mens kan nie die Bybel met erns lees sonder om dit weer en weer te sien nie—die streep is getrek. Die Bybel is baie duidelik hieroor dat daar een en net een weg alleen is na die hemel—deur Jesus Christus. Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename. Hy gee aan ons hierdie waarskuwing: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur gaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mattheus 7:13-14). Daar is net een pad na die hemel en die wat dit volg is gewaarborg om daar uit te kom. Maar nie almal volg die pad nie. 11Thessalonicense3,2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie. Maar God sy dank, wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. 11Korinthiërs2,14   Amen.

 

Kommentaar Aangedryf Deur CComment