Die wêreld is in ‘n maalkolk van druk, onsekerheid en vrees. Dit raak al hoe meer duidelik hoe kripties die Bybel geskryf is. Openbaring 17:12,13 is ‘n sprekende voorbeeld daarvan en hierdie verse omskryf presies wat huidig aan die gang is wêreldwyd.

Opn 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Openbaring 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

Tien konings sonder koningskap, maw sonder mag, sal dit as ‘n hewige taak ervaar om een gesindheid te bewerkstellig sonder mag. Dit is huidig die stryd wat die Europese Unie en die Afrika Unie het om een gesindheid te bewerkstellig. Al die woelinge rondom Griekeland, sal net een uitslag bewerkstellig wat sal wees om die Europese Unie se mag te versterk en te begin vertoon.

Die woord van ons Vader bevestig dat daar tien konings sal wees wat hul koningskap sal oorgee. Die nabye toekoms sal die vir ons duidelik maak.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment