Ter aansluiting by die gebeure op 5 Februarie 2015, dring die Afrika Unie net twee weke daarna daarop aan, inteendeel hul maak dit verpligtend, dat die Afrika- Unie lied, wat normaalweg as ‘n volkslied bekendstaan wanneer dit in ‘n land afgedwing word, in al die skole in Afrika geleer en gesing moet word. Ons kan dit dan seker maar ‘n unielied noem.

Mens moet die vraag vra, is die unies besig om mag te verkry? Dit blyk so te wees, want die een dring aan op iets, en die ander maak hul versoek verpligtend. Wat gebeur hier? Wie het hierdie mag aan die unies toegeken, en wanneer?

Neem asb. kennis wat in Openbaring 17:12 staan:-

Openb 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.

Die unies begin spiere wys, en ons moet vra watter rol speel die dier hierin? Is dit nie logies dat die dier reeds betrokke is en in samewerking met die unies is, om homself so geposisioneer te kry, dat hy die mag kan oorneem wat deur die unies verkry word.

Rev 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

Hoe lank kan dit nog duur, voordat die dier hierdie mag verkry vanaf die unies?

Kommentaar Aangedryf Deur CComment