Kan daaroor nog getwyfel word dat die gewone man op straat, gemanipuleer word deur magte onbekend aan ons? Die skommeling in die olieprys, is tog ‘n duidelike bewys daarvan. Geen ekonoom wat ek die afgelope tyd op televisie hoor praat het, of van ‘n verhoog af hoor praat het, het enige gedagte gehad dat die olieprys sou daal in so ‘n kort tydperk, tot waar dit nou is. Die redelike of norm is, dat vraag en aanbod die prys bepaal, wat het van die leerstelling geword?

Wonder enigeen wat gaan aan? Ek het ‘n dreigement gehoor dat die olielande die prys van olie, oor die 200 Dollar per vat sal vat as.... As wat? Dan hoor ek dat volgens die MacD bepaling, dat die rand eintlik baie sterker is as wat vir ons voorgehou word. Vyftig persent sterker. Hoe word ons aan ons neuse rondgelei, en hoekom? Waarmee is ons eintlik besig? ‘n Gejaag na wind? Is dit nie die wyse waarop ekonomiëe nader aan ‘n eengeldstandaard gedwing kan word nie? Is die hoof oogmerk nie ‘n eenwêreldregering nie?

Dit is opvallend dat die Europese Unie en die Afrika Unie al hoe meer blootstelling verkry, en ek het vanoggend selfs gehoor die EU dring aan op sanksies teen Rusland nogal. Dring aan!! Dit is interressant. Dit is die heel eerste keer dat die EU openlik aangedring het op iets. Die eerste keer dat hul ‘n aangeleentheid hanteer, asof hul mag het. Ek is baie oortuig daarvan dat die tien tone uitgebeeld in die boek Daniël, die tien unies voorstel, en as die unies geluide begin maak asof hul oor mag beskik, dan moet ons onsself afvra, is dit nie lankal vir ons gesê nie, min of meer ongeveer 2600 jaar gelede nie. Kan ons nog aan God se Woord twyfel? Moet daar nie aan hierdie feite, meer aandag geskenk word nie, meer ondersoek word nie. Vra die vraag, as dit wat nou gebeur, 2600 jaar gelede vir ons gesê was, wat is daar 2600 gelede vir ons gesê, gaan gebeur in die nabye toekoms.

Let maar self op, en indien dit gebeur dat die unies al hoe meer prominent raak en meer en meer op die voorgrond tree, dan is my waarneming dat die volgende, wat lankal vir ons gesê is, voor die deur is:

Openb 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.

Rev 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

Dan 2:41 En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was—dit sal ‘n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment