Die boek Daniël word deur baie beskou as simbolies, of dat die tye aangedui reeds plaasgevind het. Kyk gerus self, daar is heelwat studies gedoen en stukke en boeke oor Daniël geskryf.
Dit wat egter in Daniël geskryf staan, weerspreek egter al bogenoemde sienings.

Bv. Dan 2:44 - Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Dit het nog nie plaasgevind nie, dit moet nog gebeur. Die konings waarna verwys word, is die konings wat aan bewind gaan wees in die tydperk van die tone!!

Dan 2:42 - En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is—’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees.
Hier word verwys na dié konings, in die koningkryk van die tyd van die tone waarna Dan 2:44 -verwys. Dan moet in gedagte gehou word dat twee voete gewoonlik tien tone het, maw daar gaan tien konings wees in die tyd van die tone.
Wanneer is die tydperk van die tone? Dan 2:43 - Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. Dit gebeur nou, hier in ons land, en die proses is reeds ver gevorder.

Die volke in ons land is reeds deur menslike gemeenskap vermeng – die rëenboognasie bestaan. Onbetwisbaar!! Die volke in ons land meng nie, net soos yster en klei. So geskied dit ook met die unies wat huidig hul bestaan kry.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment