So belangrik was die dag vir ons Vader dat Hy dit as die belangrikste offer aan Hom, in die Tien Gebooie aangebring het. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. [ 4de gebod ] Dit staan nog steeds vas in Die Wet, want Hy het dit nie verander nie!

Op die dag, “ On March 7, 321,” begin die afbreking van ons Vader se gesag, - “the Roman Emperor Constantine issued a decree making Sunday a day of rest from labor, stating:” - gaan kyk gerus self. Alhoewel Konstantyn op die oog af baie doen vir Christene, verander hy die vierde gebod van ons Hemelse Vader. ‘n Mens, wat homself dié gesag toereken?

Wat is die implikasie en waarskuwings vanuit die Bybel oor die Sabbat? Dan 7:25 - En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.

Daniël verwys hier na die Eindtyd, spesifiek na hy, wat sal probeer om tye en wet te verander! Konstantyn het reeds tye en wet verander, maar dit is nie afgedwing nie, dit is nonchalant deur die meeste aanvaar.

Daniël het die openbaringe van die Eindtyd aan hom, baie sleg hanteer. Dit het hom inteendeel vir dae siek laat voel, en baie onseker gelaat. Daarom rig Daniël die versoek, omdat hy die uiteinde wou weet. Dan 12:8 - En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge? Nou kry ons hierdie ontsettende belangrike waarskuwing - Dan 12:11- En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop. Dit is vir my duidelik dat hierdie waarskuwing gerig is, en sal plaasvind aan die uiteinde van dae, maw in die laaste dae! Die hy waarna Daniël verwys in Daniël 7:25, gaan aan die einde van dae die voortdurende offer, – Die Sabbat, die enigste offer opgeskryf in die Wet (Tien Gebooie) afskaf. Huidig is dit so dat die voortdurende offer nie afgeskaf is nie, maar slegs verskuif is. Dit beteken dat daar ‘n tyd gaan aanbreek dat die Sabbat afgeskaf gaan word!!

Is dit nie ondermyning van gesag, en die afdwing van eie gesag nie? Dit is duidelik dat God se gesag, uitgedaag en geminag gaan word. Dan, watter ontsettende gruwel gaan opgerig word in die plek van die Sabbat? Kyk maar in die eerste en tweede gebod, hoe rigied ons Vader oor ander gode en beelde is.

Is dit wat in Openbaring staan, nie vergelykbaar met ‘n ontsettende gruwel in God se oë nie? Openb 13:15 - En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. Dit is vir my ‘n logiese afleiding om te maak dat die einde van die dae ingelyf gaan word met die afskaffing van die Sabbat en dat die hy in Daniël en die dier se beeld, in Openbaring13:5, dieselfde persoon is wat aan die einde van dae die ontsettende gruwel gaan oprig wat daarop gaan neerkom dat hy, die dier, aanbid sal moet word, anders gaan mens doodgemaak word.

Dit beteken dus dat sodra die Sabbat afgeskaf word, en die gruwel opgerig word, Christene die tyd van verdrukking gaan ervaar, soos daar nog nooit tevore was nie, soos deur Mattheus gewaarsku word. Mat 24:21- Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Die bepaling word in Daniël 12:11 gemaak dat die tydperk van die gruwel, onderdrukking, 1290 dae gaan verloop – drie en ‘n halfjaar, en die wat die bereik :– Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik. Dan 12:12. Hulle sal ons Vader lewendig tegemoet gaan!!

Die Sabbat moet nie afgewater of afgeskeep word nie. Enige dag, kan nie as die Sabbat beskou word nie, want die wat die Sabbat so hanteer, tree lynreg op teen God se gesag!!

Die Sabbat gaan ‘n belangrike aanduiding wees, van die aanvang van die einde van die dae en dit gaan duidelik die ondermyning van ons Vader se gesag aandui, die oomblik wanneer die Sabbat afgeskaf word.

Kommentaar Aangedryf Deur CComment