Publiek

 

Chris van Wyk posted: " Ek het ’n navraag gekry oor Efesiërs 5:1-5 en die wyse waarop Paulus oor “onsedelikheid” skryf.  Ek het dit kortliks op Bybelskool geantwoord.  Ek het egter toe ’n bietjie verder gaan dink hieroor, veral in die lig van die onlangse Barna verslag wat ek "

 

 

New post on Bybelskool

Selfopofferende versus selfbevredigende liefde

by Chris van Wyk

moral-codeEk het ’n navraag gekry oor Efesiërs 5:1-5 en die wyse waarop Paulus oor “onsedelikheid” skryf.  Ek het dit kortliks op Bybelskool geantwoord.  Ek het egter toe ’n bietjie verder gaan dink hieroor, veral in die lig van die onlangse Barna verslag wat ek gelees het oor die Amerikaanse samelewing wat nie meer met absolute morele kodes werk nie.

Ek dink Paulus help ons in sy brief aan die Efesiërs om dié uitdaging die hoof te bied.  Ek gee daarom dié paar opmerkings as stof vir julle eie nadenke hieroor:

Paulus kontrasteer in Efesiërs 5:1-5 selfopofferende liefde met selfbevredigende liefde.

"Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was.  Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ’n gierigaard is—want gierigheid is afgodery—het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie."

Dit is duidelik dat die rigting van dié twee liefdes heeltemal teenoorgesteld is:

·         Selfopofferende liefde is geskoei op die liefde van Jesus wat Homself vir ons aan die kruis opgeoffer het. Dit het geen seksuele konnotasie nie.

·         Selfbevredigende liefde daarenteen is geskoei op die liefde vir jouself en die bevrediging van jou eie behoeftes. Dit het veral met seksuele begeertes te make.

Onsedelikheid in enige vorm”, soos die NAV dit hier vertaal, is in dié konteks dus om seksueel immoreel op te tree, d.w.s. sonder geestelike of morele waardes of norme.   Jy bepaal die norme vir jou lewe volgens jou eie begeerte.  God het daarin geen sê nie.

Onsedelikheid is hier verwant aan ontug, gierigheid en afgodery, d.w.s. ’n lewenstyl waarin jou behoeftes sentraal staan en jou lewe draai om die bevrediging daarvan.  En dit staan teenoor die liefde waarmee Christus ons liefgehad het en Homself vir ons geoffer het.

Dít is die tipe liefde, selfopofferende liefde, wat ons teenoor mekaar moet vertoon. Nie die liefde, selfbevredigende liefde, vir onsself soos dit in onsedelikheid, ontug, en gierigheid na vore kom nie.

Die Griekse woord wat hier gebruik word vir “onsedelikheid" is “akatharsia" en word behalwe hier in Efesiërs 3:5 ook op die volgende plekke gebruik (min of meer in datumvolgorde aangehaal):

·         1 Tessalonisense 4:7 – “onsedelik”.  Paulus kontrasteer ’n onsedelike lewe in sy eerste brief in die NT met ‘n heilige lewe waarin God se norme die deurslag gee.  Ons seksuele lewe moet coram Deo, gelewe word, voor God en volgens sy norme.

·         Galasiërs 5:19 – “onreinheid”.  Paulus gebruik hier “akatharsia" saam met ’n ander woord “porneia” soos hy dit gereeld in die NT doen, en kontrasteer dié lewe in die vlees wat gemik is op selfbevrediging, met ’n lewe in die Gees wat deur die vrug van onder andere die liefde, vreugde en vrede gekenmerk word, omdat dit op God gerig is en vanuit die verhouding met Hom geleef word.  Die Gees moet ons lewe bepaal, nie ons begeertes nie.

·         2 Korintiërs 12:21 – “onreinheid”.  Paulus skryf hier in sy vierde brief aan die Korinte (ons 2 Korintiërs) met ’n stuk amper wanhopige verleentheid oor die feit dat hulle nie geluister het na hom in sy eerste drie briewe aan hulle dat hulle hulle sedelike lewe in lyn moet kry met die feit dat die Gees nou in hulle as sy tempel bly nie: “Ek is ook bang dat wanneer ek weer kom, my God my by julle in verleentheid sal bring en dat ek sal moet treur oor baie van julle wat geruime tyd al ’n sondige lewe lei en wat oor hulle onreinheid, ontug en losbandigheid nie tot berouvolle inkeer gekom het nie.” Onthou dat hy in sy tweede brief (dit is ons 1 Korintiërs; sy eerste brief het verlore geraak [1 Kor. 5:9]) hulle aangespreek het oor twee mense wat in bloedskande saamleef (1 Kor. 5) en uitgespel het dat hulle nie enige onsedelikheid moet toelaat nie (1 Kor. 6) en óf in die huwelik óf in die selibaat tot hulle reg moet kom ( 1 Kor. 7).

·         Romeine 1:24 – “sedelike onreinheid”.  Paulus skryf hier in ’n konteks waar hy onder andere  selfdegeslag seksuele gedrag afwys, maar ook ’n hele rits ander sondes.  Daarmee wys hy onomwonde uit dat ons almal verlossing nodig het in Christus (Rom. 3), sodat ons deur die Gees die werke van die vlees kan doodmaak (Rom. 8) en: "ons liggame as ’n lewende, heilige en aanneemlike offer vir God aan te bied” (Bybel Direkte Vertaling - BDV).

·         Romeine 6:19 – “sedelike onreinheid”.  Dit is deel van Paulus se hele argument vanaf Romeine 1 dat ons liggame nie ter wille van onsself en die bevrediging van ons behoeftes gebruik moet word nie, veral nie op ’n wettelose en losbandige manier nie: “Soos julle julle ledemate in diens van onsedelikheid en losbandigheid gestel het om losbandig te lewe, so moet julle nou julle ledemate in diens stel van die geregtigheid om heilig te lewe.” Ons is immers nie meer slawe van die sonde nie.  Ons is vrygemaak om die Here te kan dien en onder ’n verpligting om die praktyke van die liggaam dood te maak (Rom. 8:13).

·         Kolossense 3:5 – “onreinheid”.  Weereens word “akatharsia" in kombinasie met “porneia” (“onsedelikheid”) gebruik en as deel van die ou lewe geskets wat ons moet aflê om die lewe van die nuwe mens te leef waarin ons vernuwe word na die beeld van ons Skepper en aan ons oorspronklike bedoeling as mense kan beantwoord.

·         Efesiërs 4:19 – “losbandigheid”.  Paulus skryf hier oor: "‘n onversadigbare drang aan losbandigheid” om “alles wat vuil is” te doen.  Soos in die brief aan die Kolossense word dit as deel van die ou lewe geskets wat versaak moet word, sodat die nuwe lewe in Christus omhels kan word.

·         Openbaring 17:4 – “onreinheid”.  Oor Johannes skryf hieroor en gebruik die verwante Griekse woord “akathartes” en gebruik dit in die frase: “die onreinheid van haar onsedelikheid”, weereens in kombinasie met die ander woord vir “onsedelikheid” – “porneia”.  Daarmee skets hy die tipe onsedelike samelewing waarin Christene hulle pad moet vind om heilig te lewe, ’n goeie beskrywing van presies die situasie wat vandag veral in die Westerse samelewing die geval is.

Die punt van al hierdie tekste oor “onsedelikheid” en “onreinheid” is dat ons as kinders van die Here ’n onvervreembare verpligting het om in alles, ook in die wyse waarop ons ons liggame gebruik en inspan, die Here te dien en ’n heilige lewe te lei.  Ons mag nie volgens die sedelose moraal van die vrou, die "Groot Babilon, die moeder van die sedeloses en van die losbandigheid op die aarde", leef nie (Openb. 17:5), versinnebeeld vandag onder andere deur die sedelose Weste.

Die Hebreërskrywer sê immers: “Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ’n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.” (12:14).

Chris van Wyk | July 5, 2016 at 11:09 am

 

 

  

 

 

Write comment (0 Comments)

Ek deel graag met u en die hele wêreld. Jesus Christus die enigste weg na die Hemel en die Ewige lewe. Vraag: "Hemel toe gaan – hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?" Antwoord: Deur die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig te volg en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig. Die dag wanneer elkeen van ons die ewigheid gaan betree mag gouer kom as wat ons dink. Ter voorbereiding vir daardie oomblik, moet ons hierdie waarheid besef—nie almal gaan hemel toe nie. Die Skrif is baie duidelik oor hierdie saak.

Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ʼn uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. John5,28-29 Hoe kan ons verseker weet dat ons een van die gaan wees wat die ewigheid in die hemel gaan deurbring? 1Petrus1,13 Daarom omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Ongeveer 2,000 jaar gelede het die apostels gevul met die Heilige Gees en die moed van hul oortuiging, geloof en kennis, die Evangelie van Jesus Christus aan ‘n groot skare in Jerusalem verkondig en die verborgenheid van die Eenheid van God; Vader, Seun en Heilige Gees aan die mense openbaar deur die opdrag van Jesus aan hulle: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het, tot uitvoering bring Matthéüs28,19 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, (kom tot geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand2,38 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12).

Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, vergifnis van sonde deur Sy Naam(Jesus) ontvang. Hand10,43 Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir jou en my sonde. En ons weet dat die Seun van God gekom het, en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus, Hy (Jesus) is die ware God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen. 1John5,20 Daar is baie wat dink dat hulle hemel toe sal gaan sonder om Jesus as hul persoonlike verlosser en Saligmaker te aanvaar. Kom ons ondersoek wat dit behels om in Jesus te glo.

VERKONDIG-1Korinthiers1,21, Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, (1John5,20) het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red. Markus16,15&16 En Hy (Jesus) het vir hulle gesê; Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

WEG-Jesus sê,Johannes14,6 Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Johannes10,9 Ek is die deur, as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind GLO-Johannes3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Johannes6,47 Voorwaar, voorwaar Ek (Jesus) sê vir julle, wie in My glo het die ewige lewe. Galásiérs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

AANNEEM –Johannes1,11&12 Hy (Jesus) het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam (Jesus) glo. Handelinge4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander Naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

BEKERING EN DOOP- Handelinge2,38 En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Handelinge19,5 En toe hulle dit hoor is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. Beklee- Galásiërs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus, want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Matthéüs22,11-14En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ʼn bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ʼn bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van tande. Want baie is geroep maar min uitverkies.

WEDERGEBOORTE- Johannes3,3,5Jesus antwoord en sê vir hom,Voorwaar voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Titus3,5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees. Liefde-Galasiérs5,14Want die hele wet word vevul in een woord, naamlik;Jy moet jou naaste liefhé soos jouself. Heiligmaking-1Petrus1,15-Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet jul ook in julle hele lewenswandel heilig word. . Baie wil nie vir Jesus as die enigste weg aanvaar nie en is vasbeslote om ‘n ander pad te vind. Maar Jesus Self waarsku ons dat daar geen ander pad bestaan nie, en dat die weiering om hierdie waarheid te aanvaar na die veroordeling lei. Hy sê duidelik vir ons “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Johannes 3:36).

Sommige sal argumenteer dat dit uiters bekrompe van God is om slegs een pad na die hemel te voorsien. Maar in werklikheid, in die lig van die mens se rebelse verwerping van God, is dit uiters ruimhartig van Hom om aan ons enige pad hemel toe te gee. Ons verdien veroordeling, maar pleks daarvan bied Hy aan ons uitkomkans deur Sy eniggebore Seun te gee om vir ons sonde te sterf. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê.John3,16 Hetsy mens dit sien as bekrompe of ruimhartig, dit is die waarheid, en Christene moet die duidelike, onbesoedelde boodskap dat die enigste weg na die hemel deur Jesus Christus is, handhaaf. Efésiêrs4,5 leer vir ons, een Here een geloof een doop.

Baie mense vandag glo aan ‘n afgewaterde evangelie wat wegdoen met die boodskap dat jy berou moet hê oor jou sonde. Hulle wil glo in ‘n liefdevolle, nie-veroordelende God wat geen berou of verandering in hulle lewensstyl verwag nie. Hulle mag dinge sê soos, “Ek glo in Jesus Christus, maar my God is nie veroordelend nie. My God sal niemand hel toe laat gaan nie.” As ons bely dat ons Christene is, moet ons Christus erken vir wat Hy sê Hy is—die een en enigste weg na die hemel. Om dit te ontken, is om Jesus Self te verloën, want dit is Hy wat verklaar het; Johannes8,23-24 En Hy(Jesus) sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo: julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe: want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe. Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). Die vraag is steeds: wie sal werklik God se koninkryk binnegaan? Hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?

Die antwoorde op hierdie vrae sien ons in die duidelik afgebakende onderskeid tussen die wat die ewige lewe het en die wat dit nie het nie. “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Johannes 5:12). Die wat in Christus glo, wat Sy offer as betaling vir hulle sonde aanvaar het, en wat Hom in gehoorsaamheid volg, sal die ewigheid in die hemel deurbring. Die wat Hom verwerp sal nie. “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam (Jesus) van die eniggebore Seun van God nie” (Johannes 3:18). So ontsagwekkend soos die hemel sal wees vir die wat Jesus Christus as Verlosser gekies het, des te meer skrikwekkend sal die hel wees vir die wat Hom verwerp het.

Ons boodskap aan die verlorenes sal met groter dringenheid verkondig word as ons kan begryp wat die heiligheid en geregtigheid van God kan doen aan die wat die volledige gawe van vergifnis wat in Sy Seun Jesus Christus is, verwerp het. ’n Mens kan nie die Bybel met erns lees sonder om dit weer en weer te sien nie—die streep is getrek. Die Bybel is baie duidelik hieroor dat daar een en net een weg alleen is na die hemel—deur Jesus Christus. Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename. Hy gee aan ons hierdie waarskuwing: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur gaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mattheus 7:13-14). Daar is net een pad na die hemel en die wat dit volg is gewaarborg om daar uit te kom. Maar nie almal volg die pad nie. 11Thessalonicense3,2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie. Maar God sy dank, wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. 11Korinthiërs2,14   Amen.

 

Write comment (0 Comments)

Die Waarheid en die Bybel:

Ek stem saam dat ons voorbereid moet wees, soos ek hier en op ander plekke in die Bybelskool, onder andere oor Openbaring, skrywe.  Voorbereiding vir my lê, in die woorde van Paulus aan die Efesiërs:
 
• in 'n noue verhouding met God self,
• 'n weerbaarheid teen die liste van die duiwel soos dit uitspeel in die verskillende magstryde,
• 'n vasstaan in die waarheid (ek maak sommer hier onder 'n uittreksel oor die waarheid wat ek so pas voltooi het en Woensdag in my stuk oor Psalm 119 geplaas sal word),
• 'n doen van geregtigheid,
• 'n bereidheid om te evangeliseer (by wyse van spreke, want dit gaan eintlik oor die evangelie van vrede wat uitgedra moet word, ietsie anders as om net mense tot bekering te probeer bring),
• 'n vaste geloof,
• 'n vasstaan in die verlossing wat God bring, en
• 'n gefokusde lees en leef van die Woord.
• Dít alles word saamgevat in 'n biddende lewe, veral vir die "heiliges" (die mense wat saam in dié oorlog is) wat miskien die belangrikste ding wat ons kan doen.
My bydrae oor die waarheid in Psalm 119:153-160:
 
Dit is ook nie anders in die NT nie.  Dit is ontsettende insiggewend om te kyk na die beklemtoning van die waarheid in die Johannes evangelie juis in die konteks van teenstand:
•       Jesus noem Homself die Waarheid in die konteks van die naderende verraad van Judas en die verloëning van Petrus (Joh. 14:6).  Die waarheid lok altyd teenstand uit.
•       Jesus getuig juis oor die waarheid as Hy deur Pilatus in die onregverdige verhoor ondervra word, net voor die uiteindelike verguising van die kruis: “Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig.  Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem.” (Joh. 18:37).
•       Die Heilige Gees word (onder andere) met die titel van Gees van waarheid bekendgestel (Joh. 14:17) in die konteks van die wêreld wat dié waarheid nie kan ontvang nie, trouens dit met stokke en swaarde sal beveg.  Hy is immers ook die Trooster, dié een wat in teenstand kan vertroos.
•       Jesus begelei ons deur die Gees op soortgelyke wyse in die volle waarheid (Joh. 16:13) in die konteks van die teenstand van die wêreld. Die Here Jesus bid nie dat ons uit die wêreld weggeneem sal word nie, maar wel van die Bose bewaar sal word (Joh. 17:15 – dit is ook die rede waarom Hy dié gebed in die Ons Vader ingesluit het).
•       Let op dat Jesus spesifiek sy Vader namens ons vra: “Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid.” (Joh. 17:17).  Dit kon netsowel ‘n opmerking oor Psalm 119 gewees het! 
Laat ek dit dus helder stel:
Daar is dus geen innerlike stryd tussen die Waarheid as Persoon – Jesus, die vleesgeworde Woord van God – en die waarheid van die woorde van God nie – die Bybel, die skriftelike Woord van God. 
•       Dat die Bybel deur mense geskrywe is met die taal en kennis van hulle konteks is onteenseglik só.  Dat ons die Bybel in daardie konteks moet lees en uitlê, is onteenseglik ook só. 
•       Maar, die Bybel is ook die Woord van God, waarin ons God se stem hoor.  Dié mense is deur die Gees van God geïnspireer en het onder die leiding van die Heilige Gees van God die woorde van God neergepen.
•       Die Bybel is daarom nie net in die algemeen die Woord van God nie. Dit is ook in die spesifieke uitsprake daarin die Woord van God.  Dit bevat ook, en is ook, die woorde van God.
Dít is waarop ek my lewe bou, in die nougesette lees, luister en leef van die Bybel as die Woord van God.


Groete

Chris van Wyk | Gemeenteleraar | Bybelskool |

Write comment (0 Comments)